Ons Liefdesverhaal
Ons liefdes verhaal het begin in April 2024. Op ’n gewone Saterdagaand het ons mekaar raak “geswipe” op Tinder, sonder om te besef dat daardie eenvoudige aksie die begin sou wees van iets besonders.
Mariska se profiel het gelees "Spur of the moment girl". Stephan se eerste boodskap daai selfde Saterdagaand was “Het jy ’n oomblik vir my by die Spur?” So onverwagse boodskappie het ons lewens verander in ’n leeftyd vol kosbare oomblikke.
Net ’n dag later het ons besluit om mekaar in persoon te ontmoet. Van die eerste ontmoeting en glimlag was daar ’n onverklaarbare gevoel van gemak, iets wat tegelyk nuut en bekend gevoel het. Daardie aand het ‘n paar uur saam soos minute laat voel en van toe af het ons nie weer ’n dag apart deurgebring nie.
Wat begin het as ’n toevallige raak “swipe”, het gegroei in ’n liefde wat sag, eerlik en vol lag is. Saam het ons ontdek dat die mooiste dinge in die lewe dikwels onverwags gebeur – en dat die beste stories begin met een eenvoudige “oomblik by die Spur.”
Fynskrif
Inligting rakende ons dag
- DATUM: 25 April 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 25 Maart 2026
- DRAG: Semi-Formeel
- Die Dames:
-
• Semi-formeel en stylvol
• Geen denim jeans
• Geen wit
• Enige patrone of kleur - Die Mans:
-
• Semi-Formeel
• Geen denim jeans
• Baadjies en dasse opsioneel
• Enige patrone of kleur
Tydlyn
Vloei van die dag
Trouregister
Julle teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk!
Ons het regtig alles wat ons harte begeer, en om hierdie spesiale dag saam met julle te vier beteken vir ons die wêreld.
As julle tog iets sou wou gee, is enige gebaar met liefde welkom.
Vir dié wat ’n EFT-bydrae wil maak, is ons bankbesonderhede hieronder beskikbaar.
Dankie dat julle deel is van ons liefdesverhaal – ons kan nie wag om die dag saam met julle te vier nie!
FNB Joubertina
Savings Account 60258045240
Branch Code 210315







’n Hartlike versoek van ons
Ons troue word beplan as ’n intieme en rustige geleentheid — ’n dag waar ons naaste familie en vriende saam kan wees en die oomblik in ’n kalm, elegante atmosfeer kan geniet.
Om hierdie besondere atmosfeer te handhaaf, kan ons ongelukkig nie kinders op die dag akkommodeer nie. Ons besef dit kan addisionele reëlings verg, en waardeer julle begrip en samewerking opreg.
Ons wil graag beklemtoon dat hierdie besluit slegs verband hou met die aard van die geleentheid, en nie oor die kleingoed self nie.
Baie dankie dat julle ons help om hierdie dag betekenisvol en besonder te maak. Ons sien met opregte vreugde uit daarna om dit met julle te vier.








Naby verblyf
Aanbeveel
VENUE
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantkroeg en Kaart Fasiliteite beskikbaar
- GEEN kos of drank van buite toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za